Modulekode | KRM 120 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Deel 1: Penologie In die Penologie word aandag aan die strafregsplegingstelsel as sisteem gegee ten einde die belangrikheid van ’n geïntegreerde benadering tot oortrederhantering te benadruk. Die impak van oorbevolking in gevangenisse word krities in oënskou geneem. Verder word aandag aan die probleme rakende verhoorafwagtende oortreders asook die belang van gemeenskapsgebaseerde vonnisse en die herintegrasie van oortreders in die gemeenskap gegee. Deel 2: Misdaadvoorkoming en -beheer Verantwoordelikhede van die polisie en gemeenskap by misdaadvoorkoming en -beheer. Primêre, sekondêre en tersiêre misdaadvoorkoming, misdaadvoorkoming en -vermindering in Suid-Afrika. |
Modulekrediete | 12.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Regsgeleerdheid |
Voorvereistes | KRM 110 |
Kontaktyd | 2 lesing per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Maatskaplike Werk en Krim |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App